Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAASHOENDER IN DIE PRUTPOT

By Leanda Retief
KAASHOENDER IN DIE PRUTPOT picture

1 kg hoender borsies, ontbeen en velloos
45 g botter
hoenderspeserye, droë roosmaryn en tiemie na smaak
1 knoffelhuisie, fyngemaak
80 ml hoender aftreksel
200 g sampioene, gekerf
100 g streepspek, gaargemaak
80 ml room
100 g roomkaas, saggemaak
150 g cheddar, gerasper

Sny die hoender in stukke. Pak die hoender, botter, geurmiddels na smaak, knoffel en die aftreksel in die bak van 'n prutpot/slow cooker. Sprinkel die sampioene bo-oor. Kap die spek en sprinkel die helfte daarvan bo-oor die hoender. Kook op hoog vir 3-4 ure. Gooi die room bo-oor. Skep die room kaas bo-oor, en roer deur. Maak die hoender fyner met twee vurke. Geur na smaak. Sprinkel die kaas bo-oor, gevolg deur die res van die spek. Bedek en kook op hoog tot die kaas gesmelt het. Bedien warm oor Kamma Rys of Kamma Spaghetti.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.7g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp