Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAMMA "AARTAPEL" SLAAI

By Leanda Retief
KAMMA "AARTAPEL" SLAAI picture

500 g blomkool
250 ml mayonnaise
6 peppadews, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
125 g spek stukkies, bros gebraai
2 eiers, hardgekook en afgedop
4 dill agurkies, in klein stukkies gesny
xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
15 ml suikervrye/diabetiese blatjang

Stoom die blomkool tot net sag, pasop vir té sag! Dreineer baie goed, sny dan in kleinerige blokkies. Gooi uit in ‘n groot mengbak. Meng die res van die bestanddele saam en vou dit liggies by die blomkool in. Geur na smaak met sout en peper. Verkoel in yskas vir ‘n paar uur voor opdiening.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 7.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp