Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAMMA "ERTJIE" SOP

By ©️ Leanda C. Retief
KAMMA "ERTJIE" SOP picture

Vandat ek jare gelede hierdie sop ontwikkel het, is dit een van my gusteling-gunsteling soppe vir wintertyd. As jy van ertjiesop hou, en dit nie meer kan eet nie omdat jy 'n LowCarb Dieet volg, is hierdie die beste plaasvervanger wat jy sal kry.

1 gerookte eisbein
1 liter hoenderaftreksel
500 ml water
500 g gevriesde blomkool
500 g gevriesde groenboontjies
150 g ui, gekap
50 g wortel, grof gerasper

Plaas die eisbein in die aftreksel en water in ‘n groot kastrol. Kook tot die vleis gaar is en van die been afval. Haal die vleis en been uit die kastrol uit en gooi die blomkool, boontjies, ui en wortel in die aftreksel. Bedek en prut tot al die groente sag is. Puree die sop tot glad en romerig. Verwyder die vleis van die bene, sny in kleiner stukkies en voeg by die sop. Geur met sout en peper. Bedien warm.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp