Ek kan nie werklik besluit of hierdie ontbytpap of poeding is nie - dis amper te veel sago-poedingrig om vir ontbyt deur te gaan, maar aangesien so baie mense een of ander vorm van chia-poeding vir ontbyt eet... Probeer gerus hierdie een.
250 ml water
125 ml room
2,5 ml fyn kaneel
knippie fyn gemmer, opsioneel
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
60 g chia saad
Plaas die water, room, kaneel en gemmer in 'n klein kastrolletjie en verhit oor medium hitte tot stomend warm. Gooi die chia-saad in 'n glasbak. Gooi die kaneelmengsel bo-oor die chia, roer deur en maak seker dat al die saadjies met die kaneelmengsel bedek is. Plaas 'n stuk kleefplastiek bo-oor (moenie verseel nie, plaas dit net liggies bo-oor) en plaas in die yskas vir ten minste 4 ure. Verwyder uit die yskas en roer deur. Versoet na smaak. Verdeel die mengsel in 4 porsies en bedien met styfgeklitste room, indien verkies.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.2g
Uit: LowCarb Ontbyt - Leanda C Retief
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-ontbyt/