Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KERRIE FRIKKADELLE

By Leanda Retief
KERRIE FRIKKADELLE picture

450 g bees maalvleis
5 ml fyngemaakte knoffel
150 g uie, fyn gekap
2,5 ml varsgemaalde swart peper
5 ml garam masala
1 eier
5 ml olie
5 ml komyn saad
5 ml fyngerasperde, vars gemmer
400g-blik gekapte tamaties
5 ml tamatie pasta
2,5 ml borrie
60-90 ml water, opsioneel

Meng die maalvleis, die helfte van die ui, peper, garam masala en die eier saam in 'n mengbak. Vorm 24 frikadelle uit die mengsel. Plaas die frikadelle op 'n draadrakkie op 'n bakplaat en bak in die oond teen 180°C vir ongeveer 20-30 minute tot die frikadelle gaar is. Draai halfpad gedurende die gaarmaaktyd om. Verhit die olie in 'n braaipan en voeg die oorblywende uie en komyn saad by. Braai vir 4-5 minute, of tot die uie sag is en roer die gemmer by. Voeg die tamaties, tamatie pasta en borrie by en kook vir 10 minute of tot die sous verdik. Voeg die gaar frikadelle by, verlaag die hitte en bedek. Prut vir 20 minute (voeg die water by indien die sous te dik raak).
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp