Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KERRIE-KOOLSLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
KERRIE-KOOLSLAAI picture

Net wanneer jy gedink het dat koolslaai bestaan net uit kool, wortels en mayonnaise, kom daar ‘n resep verby wat jou regtig nogal verstom oor hoe anders en lekker dit is. Hierdie koolslaai is só ‘n resep. Dit is heerlik saam met braaivleis of enige koue vleis. Dit is op sy lekkerste so dag nadat dit voorberei is.

300 g kool
50 g wortel, gerasper
50 g uie, fyn gekap
60 ml mayonnaise
60 ml gewone joghurt
15 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
15 ml kerrie poeier, of na smaak
15 ml asyn
15 ml suurlemoen sap
2,5 ml sout

Kerf die kool in baie dun repies en plaas in ‘n mengbak. Meng die wortels en uie by die kool in. Meng die mayonnaise, joghurt, versoeter, kerrie, asyn, suurlemoensap en sout saam en voeg dit by die kool. Meng goed deur en verkoel vir ten minste 6 ure in die yskas voor opdiening.
5 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp