‘n Effense twist op kerrievis—vir diegene wat eerder skaap as vis wil eet oor Paasfees. Die ideale tjoppies vir ‘n braai saam met familie.
15-30 ml matige kerriepoeier
knippie rooipeper, opsioneel
5 ml droë origanum
5 ml droë roosmaryn
5 ml sout
2,5 ml varsgemaalde swart peper
30 ml olie
8 lamstjops (ongeveer 100 g elk)
Maak 'n pasta met die kerrie, rooipeper, origanum, roosmaryn, sout, peper en olie. Vryf hierdie mengsel oor die tjops. Pak in 'n glasbak, bedek en marineer oornag. Braai die tjops in bietjie olie/botter in ‘n riffelpan, in die lugbraaier of buite op die kole.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.9g