Kerrievis is tradisie rondom Paasfees. LowCarb Kerrievis se vis word nie in beslag of meel gebak nie, en dit kry ook nie suiker in nie. Hierdie reseppie is getweak uit my Ouma se handgeskrewe resepteboekie en is ideaal vir 'n LowCarb Dieet.
1 kg wit vis (stokvis, kabeljou of snoek)
200 g uie
30 ml kerriepoeier
500 ml asyn
5 ml borrie
xylitol, of versoeter na smaak
Sny die vis in stukkies en strooi sout en peper bo-oor. Braai in warm olie tot gaar. Meng die kerrie, borrie en sout met ‘n bietjie van die asyn. Sny die uie in ringe en kook dit saam met die asyn tot die uie sag is. Voeg die keriemengsel by. Pak die gebakte vis in ‘n skottel. Gooi die warm sous daaroor. Laat staan oornag sodat die kerriesous kan deurtrek.
Per 250g Porsie * Net Carbs 2.4g