Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KLAPPER-en-HOENDER KERRIE

By ©️ Leanda C. Retief
KLAPPER-en-HOENDER KERRIE picture

750 g ohoenderborsies, ontbeen
30 ml olie
150 g uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyngemaak
15 ml kerrie poeier
5 ml borrie
2,5 ml paprika
400 ml klapper melk
sout en varsgemaalde peper na smaak

Sny die hoender in klein blokkies. Verhit die olie in 'n groot kastrol en braai die hoender daarin tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Gooi die uie in die kastrol en braai tot goudbruin en sag. Voeg die knoffel, kerrie, borrie en paprika by en braai vir 1 minuut. Voeg die hoender by, asook die klapper melk. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte tot 'n stadige prut. Bedek en prut vir 30 minute. 
6 Porsies* Per Porsie * Net Carbs 5.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp