25 g klapper meel
10 g (gewone) klapper
2,5 ml bakpoeier
1 ml sout
45 g botter, gesmelt
60 ml xylitol/erythritol
3 eiers
2,5 ml vanilla
2,5 ml klapper geursel, opsioneel
30 ml room
Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ‘n muffinpan met 6 kolwyntjiepapiertjies uit en spuit dit met kleefwerende middel. Meng die klapper meel, klapper, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Klits die botter, versoeter, eiers vanilla, klapper geursel en room saam. Klits die eiermengsel by die meel-mengsel tot glad. Verdeel die beslag tussen die muffinkoppies en bak teen 200°C vir 15-20 minute of tot gaar. Laat afkoel voor dit versier word.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g