Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KLAPPER PLAATKOEKIES

By ©️ Leanda C. Retief
KLAPPER PLAATKOEKIES picture

6 eiers
knippie sout
180 ml klapper melk (of 100 ml water en 80 ml room)
30 ml klapper olie, gesmelt
50 g klapper meel
5 ml bakpoeier
botter/klapper olie vir braai

Skei die eiers. Klits die eierwitte met 'n knippie sout tot stywe punte vorm. Laat eenkant. Klits die eiergele, klapper melk (of room/water) en klapper olie goed saam. Voeg die klapper meel en bakpoeier by en klits tot 'n gladde beslag. Vou die eierwitte by die beslag in en laat dit staan vir 5 minute. Smelt botter/olie in 'n braaipan en braai lepelsvol van die mengsel in die warm olie tot gaar en goudbruin aan albei kante. (Jy behoort 10 plaatkoekies uit die beslag te kry.) Bedien met botter en LowCarb Stroop.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp