Sekerlik een van die bekendste en gewildste slaairesepte wat daar is. Ek gebruik gewoonlik rooi uie vir slaaie - dit is effens soeter as wit uie en gee 'n heerlike geur aan die slaai.
200 g slaaiblare
150 g tamaties, in skywe gesny
150 g komkommer, in ringetjies
50 g groen soetrissie, in blokkies gesny
50 g rooi soetrissie, in blokkies gesny
100 g feta, gekrummel
50 g uie, in ringe gesny
50 g swart olywe
origanum om bo-oor te strooi (opsioneel)
Pak die slaaiblare onderin 'n mooi slaaibak. Rangskik die res van die slaaibestanddele bo-op die blare. Sprinkel die origanum bo-oor. Verkoel voor opdiening.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g