120 g amandel meel
100 g parmessaan, gerasper
30 g botter, gesmelt
1 eier, geklits
25 g mozzarella, gerasper
5 ml knoffel poeier
100 g knoffel-en-kruie botter (*sien Wenk)
Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit liggies met kleefwerende middel. Meng die amandels, parmessaan, botter eier, mozzarella en knoffel goed saam tot 'n stywe deeg vorm. Vorm eetlepelsvol van die deeg in balletjies en plaas op die bakpapier. (Jy behoort ongeveer 20 balletjies uit te kry.) Bak vir ongeveer
20 minute - draai na 10 minute om - tot goudbruin aan albei kante. Verwyder uit die oond en stip met die knoffel-en-kruie botter terwyl dit nog warm is.
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.7g
Knoffel-en-Kruie Botter:
100 g botter, saggemaak/kamertemperatuur
25 g vars kruie (gemeng en fyn gekap)
sout en varsgemaalde swart peper na smaak