1 kg hoender dye
sout, peper en hoender speserye na smaak
10 knoffelhuisies
30 ml olie
30 ml suurlemoen sap
5 ml droë kruie
10 g varsgekapte pietesielie
Plaas die hoender in 'n gesmeerde oondvaste bak en geur na smaak met sout, peper en hoender speserye. Dop die knoffelhuisies af en sny elke huisie in 3 of 4 stukkies. Sprinkel dit bo-oor die hoender. Sprinkel die olie en suurlemoensap oor, en dan die kruie en vars pietersielie. Bak teen 20°C vir ongeveer 40 minute - of tot die hoender gaar en lekker bros is. (Kooktyd sal afhang van hoe groot die hoenderpories is.)
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.2g