Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KNOFFEL KAMMA KAPOK "AARTAPPELS"

By Leanda Retief
KNOFFEL KAMMA KAPOK "AARTAPPELS" picture

350 g blomkool
15 ml olyf olie
1 knoffelhuisie, fyn gemaak
15 g room kaas
25 g parmessaan, gerasper
knippie varsgemaalde swart peper
sout na smaak

Stoom die blomkool tot sag (ongeveer 10 minute). Verhit die olie in 'n pan en braai die knoffel tot sag. Verwyder van die hitte. Plaas die blomkool in 'n voedselverwerker en verwerk tot glad en romerig. Voeg die knoffel, roomkaas en parmessaan by. Geur met sout en peper na smaak. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp