Hierdie blokkies is ongelooflik. Jy sal nie weer sjokolade mis wanneer jy 'n voorraad hiervan in die kas het nie. Dit werk so bietjie duur uit as gevolg van die sjokolade - die beste is om 'n 85% kakao donker sjokolade te gebruik en dit kan nogal duur uitwerk. Sien onderaan die resep vir variasies op die resep.
100 g 85% donker sjokolade
60 g botter of klapper olie
knippie sout
50 g onversoete grondboontjie botter
2,5 ml vanilla
5 ml koffie poeier
30 g ongesoute grondboontjies, gekap
Smelt die sjokolade en botter stadig in die mikrogolf of in 'n glasbak oor kookwater (die bak moenie aan die water raak nie - die sjokolade smelt van die hitte wat van die water af kom). Meng die sout, grondboontjiebotter, vanilla en koffie by en meng goed. Voer 'n 10x15cm bak met bakpapier uit en spuit dit goed met kleefwerende middel. Skep die mengsel in die bak uit en druk dit stewig vas. Sprinkel die grondboontjies bo-oor, en druk dit effens in die mengsel in. Laat dit buite die yskas afkoel, en plaas dan in die yskas om koud te word. Sny dit in 2,5cm-blokkies met 'n skerp mes. Bêre in 'n lugdigte houer in die yskas.
24 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.5g
LowCarb Variasies:
* In plaas van grondboontjies, gebruik:
50 g haselneut botter en 30 g gekapte haselneute vir bo-op
50 g amandel botter en 30 g gekapte amandels vir bo-op
Jy kan ook geroosterde klapper bo-op gooi in plaas van die neute.