Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KOFFIE-KAASKOEK MOUSSE

By ©️ Leanda C. Retief
KOFFIE-KAASKOEK MOUSSE picture

240 g roomkaas, saggemaak
60 ml sterk koffie, voorberei en afgekoel
60 ml xylitol, of versoeter na smaak
250 ml room

Plaas die roomkaas in ‘n mengbak. Meng die koffie en versoeter saam en gooi dit by die roomkaas in. Klits tot glad en romerig. Klits die room styf in ‘n ander mengbak en vou dit by die koffiemengsel in. Verdeel tussen 6 poedingglasies en verkoel voor opdiening. Bedien met styfgeklitste room en fyngerasperde, suikervrye sjokolade, indien verkies.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp