Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KONFETTI SLAAI

By ©️ Leanda C Retief
KONFETTI SLAAI picture

200 g blomkool, gerys
50 g rooi uie, gekap
50 g rooi soetrissie, gekap
25 g seldery, gekap
25 g rooi kool, fyn gekap
30 ml mayonnaise
30 ml olie
15 ml asyn
5 ml xylitol, of versoeter na smaak
sout, peper en pietersielie

Stoom die blomkool tot gaar, laat eenkant om af te koel. Meng die uie, soetrissie, seldery en kool by die blomkool in. Meng die mayonnaise, olie, asyn en versoeter saam, geur na smaak. Klam die slaai met die sous aan. Verkoel voor opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.6g

❤️Die LowCarb Kombuis het nou 'n Whatsapp-Katalogus vir alle Gratis Materiaal, Resepteboeke, Spyskaarte/Menus en Vervaardigde Produkte! 
Volg die skakel en gaan loer bietjie:
https://wa.me/c/27615180246

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp