Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KORSLOSE KAASKOEK

By Leanda Retief
KORSLOSE KAASKOEK picture

Een van die positiewe dinge van LowCarb is kaaskoek! Toelaatbare bestanddele en eintlik redelik laag in koolhidrate. Hierdie kaaskoek-resep is vir jare al 'n ferm gunsteling by LowCarb Kombuis-followers en Challengers. Die geheim van hierdie kaaskoek is dat dit nie te veel geklits moet word nie - net tot alles gemeng en glad is.

3 x houers room kaas (240g elk)
125 ml suur room
125 ml room
90 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
10 ml vanilla geursel
3 eiers

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer/spuit 'n losboompan liggies met kleefwerende middel. Room die room kaas en suur room saam vir 20 sekondes. Voeg die versoeter en vanilla by en klits tot glad vir so 20 sekondes. Voeg nou die room en eiers by en klits weer vir 20 sekondes. Gooi die beslag uit in die voorbereide pan en bak op die middelste rak van die oond vir 30-35 minute. Die randte sal goudbruin verkleur en die koek sal nog nie geset wees in die middel nie. Skakel die oond af en laat die koek in die oond afkoel. Wanneer koud, plaas in die yskas vir 4 ure voor opdiening, of verkieslik oornag.
16 Porsies * Per Porsie *  Net Carbs 1.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp