Hierdie sal een van jou staatmaker LowCarb Resepte word - dis blitsvinnig om te maak en absoluut heerlik. Jy kan ook self bietjie aan die resep tweak - voeg soetrissies, sampioene of feta by - afhangende van wat jy in die huis het en wat jou carb toelaat vir die dag is.
10 ml olie
70 g uie, fyn gekap
180 g spinasie, dun gekerf
4 eiers
250 ml room
100 g cheddar, gerasper
5 ml sout
knippie neutmuskaat
1 ml peper
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer 'n tertbord liggies met botter. Verhit die olie in 'n braaipan en braai die uie daarin tot sag. Roer die spinasie by en braai tot alle vog verdamp het. Meng die eiers, room, kaas, sout, neutmuskaat en peper saam in 'n mengbak. Roer die spinasiemengsel hierby. Gooi uit in die voorbereide bak en bak vir ongeveer 30 minute tot die eiers gestol het. Laat vir 10 minute afkoel voor opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.3g