1 kg lamsvleis, in klein blokkies gesny
100 g uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gemaak
8 roma tamaties, gehalveer
100 g murgpamoentjies
60 ml asyn
45 ml tamatiepasta
250 ml bees aftreksel (1 blokkie opgelos in 250 ml kookwater)
gedroogde tiemie, basieliekruid en roosmaryn na smaak
Verhit olie in ‘n kastrol en braai die vleis daarin tot bruin. Skep die vleis uit en hou eenkant. Braai die ui in dieselfde kastrol tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by. Skep die vleis terug in die kastrol, en voeg die tamaties by. Sny die murgpampoentjies kleiner en voeg by. Voeg nou die asyn, tamatiepasta en aftreksel by en roer deur. Geur na smaak met sout, peper en die gedroogde kruie. Prut oor lae hitte vir ongeveer 2 uur totdat die vleis sag is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.8g