Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LAMSKERRIE

By ©️ Leanda C. Retief
LAMSKERRIE picture

15 ml olie
15 g botter 
1 kg lamsvleis, in blokkies gesny
200 g ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
2,5 ml droë gemmer
30 ml kerriepoeier
1 liter hoender aftreksel
60 ml gewone joghurt

Verhit die botter en olie in ‘n groot kastrol. Braai die lamsvleis bietjie-bietjie bruin en skep uit as dit klaar is. Hou 30ml van die vet wat uitgebraai het eenkant. Voeg die ui by die vet, braai tot sag en goudbruin. Roer die knoffel en gemmer by, en dan die kerrie. Kook en roer vir ‘n minuut lank. Gooi die vleis terug in die kastrol saam met die aftreksel. Bring dit tot kookpunt en verlaag dan die hitte tot ‘n stadige prut. Bedek die kastrol en prut vir ongeveer 90 minute. Geur na smaak met sout en peper en verwyder van die hitte. Voeg die room by en bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp