Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LEMMETJIE KAASKOEK

By Leanda Retief
LEMMETJIE KAASKOEK picture

Hierdie resep kom uit die baie gewilde LowCarb Skokterapie en Zero & Amper Zero LowCarb Resepte eBoek - en bewys dat teen 1.0g Net Carbs per porsie, laag in koolhidrate nie laag in smaak is nie EN dat jy nie soetgoedjies heeltemal hoef op te gee nie. Ons huidige Skok-rekord staan nog steeds op 7,6kg oor slegs vyf dae!

1 pakkie suikervrye lemmetjie jellie-poeier
250 g room kaas
sap en fyngerasperde skil van 1 lemmetjie
styfgeklitste room vir opdiening, opsioneel

Berei die jellie voor volgens die aanwying op die pakkie, maar gebruik slegs die kookwater - as jou pakkie dus sê 125 ml kookwater en 125 ml koue water, dan gebruik jy slegs 125 ml water. Laat die jellie effens afkoel en begin stol, klits dan die room kaas by, asook die skil en sap van die lemmetjie. Verdeel die mengsel tussen 4 individuele glasies en plaas in die yskas om te stol. Bedien met styfgeklitste room en 'n dun skyfie lemmetjie, indien verkies.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.0g

Uit: LowCarb Skokterapie en 465 Zero/Amper Zero Carb Resepte - Leanda C Retief
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/lowcarb-skokterapie/

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp