Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LEWER BREDIE

By Leanda Retief
LEWER BREDIE picture

500 g hoenderlewer, skoongemaak
sout en peper na smaak
25 g botter
100 guie
100 g groen soetrissie, in repe gesny
25 ml tamatie puree
250 ml kookwater
1 hoenderblokkie
2 ml droe tiemie
2 ml paprika

Sny die lewer in klein blokkies en sprinkel die sout en peper oor. Verhit die botter in ‘n braaipan en soteer die lewer, uie en soetrissie daarin tot gaar en sag. Voeg die tamatie puree by. Los die blokkie in die kookwater op en gooi die by die lewer. Bedek en prut oor lae hitte vir 30 minute. Voeg die tiemie en paprika by en bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp