Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb AARBEI ROOMYS

By Leanda Retief
LowCarb AARBEI ROOMYS picture

400 g aarbeie
750 ml room
100 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
5 ml aarbei geursel
rooi voedselkleursel, opsioneel

Plaas die aarbeie in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg die room by en verwerk tot glad. Roer die versoeter en geursel by. Voeg paar druppels rooi voedselkleursel by indien jy die roomys ‘n mooi pienk kleur wil hê. Gooi die mengsel in ‘n plastiekbak en plaas in die vrieskas. Klits die roomys elke uur met ‘n elektriese klitser tot dit gevries is om die yskristalle op te breek. (Indien jy ‘n elektriese roomys-maker het, volg die vervaardiger se instruksies.)
12 Porsies * Per Porsie * 3.9g Net Carbs

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp