Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb BASICS – KAMMA “RYS”

By Leanda Retief
LowCarb BASICS – KAMMA “RYS” picture

Rys word nie op 'n LowCarb Dieet toegelaat nie. Nou hoe gemaak as mens 'n lekker souserige bredie maak, of kerrie, of roerbraai of risotto? Mens maak KAMMA RYS. 

Wanneer ‘n resep na GERYSDE BLOMKOOL verwys, is dit hierna. Dis eintlik baie eenvoudig om te maak. Kom ek vertel jou presies hoe:

Rasper ‘n blomkool grof en sit dit in ‘n glasbak. Bedek die bak met kleefplastiek en druk paar gaartjies met ‘n vurk in die plastiek. Mikrogolf op hoog tot die blomkool gaar, maar nie pap is nie. Geur met sout, ‘n lekker skeppie botter en knippie droë pietersielie.
Per 100g * Net Carbs 2.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp