Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb BEEF STROGANOFF

By Leanda Retief
LowCarb BEEF STROGANOFF picture

Beef Stroganoff is een van daardie ou gunstelinge wat so maklik ge-tweak kan word vir LowCarb. Hierdie is een van my gunsteling-resepte vir hierdie baie gewilde (tradisioneel) Hongaarse gereg. 

20 g botter
30 ml olie
500 g beesvleis, in repies gesny
100 g uie, gekap
250 g knopie sampioene, dun gekerf
125 ml droë wit wyn
125 ml bees aftreksel
60 ml suur room
sout en peper na smaak
30 ml vars pietersielie, vars gekap

Verhit die helfte van die botter en die helfte van die olie in 'n groot braaipan. Braai die vleisrepies vinnig op hoë hitte (gooi dit in klein bietjies in, anders stowe dit in die vleissappe in plaas van braai). Skep uit en hou eenkant. Verhit die res van die botter en olie in dieselfde pan en braai die uie en sampioene daarin tot dit begin sag word. Skep die vleis terug in die pan, voeg die wyn en aftreksel by en prut liggies vir ongeveer 30 minute onbedek sodat die sous verdik. Roer die room net voor opdiening by en geur met sout en peper na smaak. Bedien op Kamma Rys of Kamma Spaghetti/Tagliatelli.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp