Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB BLOUBESSIE SKONS

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB BLOUBESSIE SKONS picture

200 g amandel meel
112 g klapper meel
180 ml xylitoll, of versoeter na smaak
10 ml bakpoeier
1 ml sout
7,5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn neutmuskaat
15 ml klapper olie
430 ml melk
100 g vars bloubessies

Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende middel. Meng die amandel en klapper meel, bakpoeier, sout, kaneel en neut saam in ‘n mengbak. Voeg die klapper olie by en meng tot dit krummelrig is. Voeg die versoeter by. Voeg die melk by en meng tot ‘n stywe deeg. Vou die bloubessies versigtig hierby in. Rol die deeg in ‘n bal en druk plat in ‘n ronde sirkel. Sny die deeg in 8 ewe groot skywe. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200°C tot gaar en goudbruin.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp