100 g ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
5 ml sout
15 ml kerrie
15 ml LowCarb Blatjang
5 ml borrie
15 ml diabetiese appelkooskonfyt
15 ml asyn
500 g bees maalvleis
2 eiers
Bolaag:
2 eiers
200 ml room
100 ml water
Verhit bietjie olie in 'n groot braaipan en braai die uie daarin tot goudbruin en sag. Voeg die knoffel by en braai vir 'n minuut. Voeg nou die kerrie, blatjang. borrie, appelkooskonfyt en asyn by en meng goed. Voeg die maalvleis by en braai tot dit deurgaar is. Verwyder van die hitte en laat afkoel vir so 30 minute. Klits 2 van die eiers goed saam en roer dit deur die afgekoelde bobotiemengsel. Skep uit in 'n gesmeerde oondvaste bak. Klits die oorblywende 2 eiers, room en water baie goed saam en giet dit oor die bobotie. Druk so 4 lourierblare in die mengsel in en bak vir 40 minute teen 180°C tot die eierlaag gaar en gestol is.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.9g