Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb BRAAISOUS

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb BRAAISOUS picture

En vir ingeval jy op soek was na 'n goeie braaisous/marinade... 'n Goeie braaisous is altyd 'n goeie resep om te hê. Hierdie een is laag in olie en ekstra laag in carbs. Gebruik dit om hoender, vark of beef te marineer en te "baste" terwyl dit gebraai word.

15 g klapper olie
150 g uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
1 bees aftrekselblokkie
125 ml water
180 ml Worcester sous
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
500 g tamatie puree
100 g Dijon mosterd
45 ml braaivleis-speserye

Smelt die olie in 'n kastrol. Voeg die uie en knoffel by en braai tot die uie gaar en deurskynend is. Los die aftrekselblokkie in die water op en voeg by. Voeg die tamatie puree by en roer deur. Voeg dan die Worcestersous, versoeter, Dijon mosterd en Barbeque spice by en roer goed deur. Prut oor lae hitte vir 10-20 minute. Stoor die sous in 'n skoon gesteriliseerde fles in die yskas. (Die sous kan ook gevries word.)

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp