Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB "BROOD" POEDING

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB "BROOD" POEDING picture

Gedink jy kan nie brood poeding eet omdat jy nie kan brood eet nie? Jy kan! Jy kan hierdie poeding met enige toegelate LowCarb Brood maak. Bedien die poeding met LowCarb Sjokolade Stroop of LowCarb Rum Sous en LowCarb Roomys.

6 dik snye LowCarb brood
6 eiers
375 ml room
50 ml kakao
125 ml warm water
125 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
5 ml fyn kaneel
5 ml vanilla geursel
30 g fyn klapper
100 g suikervrye/90% kakao sjokolade, fyn gekap
20 g klapper, vir bo-oor strooi (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 150°C. Spuit/smeer ‘n reghoekige oondvaste bak. Sny die brood in klein blokkies en versprei dit eweredig op die bodem van die bak. Los die kakao in die warm water op. Klits die eiers, room, kakaowater, versoeter, kaneel en vanilla goed saam. Sprinkel die klapper en sjokolade eweredig oor die broodblokkies. Gooi die eiermengsel bo-oor die blokkies. Skud die bak liggies sodat die eier-mengsel tussen die blokkies kan invloei. Bak vir 45 minute of tot die poeding gestol is in die middel. Sprinkel die klapper bo-oor. Bedien warm, louwarm of koud.
16 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.3g
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp