Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb BROWNIES

By Leanda Retief
LowCarb BROWNIES picture

Nog steeds een van die beste poedings - vir LowCarbers of nie-LowCarbers!

25 g kakao poeier, onversoet
15 g klapper meel
knippie sout
3 eiers
180 g botter
125 ml xylitol/erthritol, of versoeter na smaak
5 ml vanilla geursel
60 g suikervrye/90% kakao sjokolade, gerasper
100 g pekanneute, fyn gekap

Meng die kakao poeier, klapper meel en sout in 'n mengbak. Voeg die gerasperde sjokolade by. Klits die eiers, botter, versoeter en vanilla saam vir 5 minute tot lig en romerig. Voeg dit by die kakaomengsel en klits tot goed gemeng. Vou die pekanneute hierby in. Skep die mengsel in 'n 10x20cm broodpannetjie wat met bakpapier uitgevoer is. Maak gelyk en bak teen 160°C vir 45-50 minute of tot gaar. Keer uit en laat effens afkoel. Sny in 8 blokkies. Bedien louwarm met tuisgemaakte LowCarb Vanilla roomys of styfgeklitste room.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp