Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB CHAKALAKA

By Leanda Retief
LOWCARB CHAKALAKA picture

Chakalaka 'n groot gunsteling by sommige mense, maar as gevolg van die hoë koolhidraat-inhoud van die meeste kommersiële chakalaka's is dit nie heeltemal geskik vir 'n LowCarb Dieet nie. Dit is natuurlik as gevolg van die boontjies/mielies wat daarin gebruik word. Ek het vir julle hierdie LowCarb weergawe ge-tweak.

45 ml olie
150 g ui, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
30 ml kerrie poeier
10 ml borrie
100 g groen soetrissie, in repe gesny
100 g rooi soetrissie, in repe gesny
100 g geel soetrissie, in repe gesny
100 g groen boontjies, Franse snit
100 g wortels, grof gerasper
30 ml tamatie puree
400g-blik gekapte tamaties
5 ml fyn gemmer
15 ml droë tiemie
15 ml braaivleis-speserye
5 ml Peri-Peri speserye, of na smaak
sout en peper na smaak

Verhit die olie en braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel, kerrie en borrie by. Voeg die soetrissies en groenboontjies by en kook vir 2 minute. Voeg die wortels by en roer dit goed om te verseker dat dit met kerriepoeier bedek is. Voeg die tamatiespasta en gekapte tamaties by. Kook die mengsel vir 10 minute. Voeg die tiemie en speserye by en geur na smaak.
Ongeveer 1.2 kg Chakalaka * Per Porsie * Net Carbs 4.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp