Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb CHILI

By Leanda Retief
LowCarb CHILI picture

Ideaal vir 'n koue dag. Bedien dit oor Kamma Rys, Kamma Kapokaartappels of Kamma Noedels - met 'n bietjie gerasperde cheddar, avokado en skeppie suur room, indien verkies. Jy kan nog ekstra groente byvoeg, maar onthou om die Net Carbs by te tel.

15 ml olie
750 g bees maalvleis
150 g rooi soetrissie, gekap
75 g uie, gekap
400g-blikkie tamatie puree
50 g seldery, gekap
7,5 ml fyn komyn
7,5 ml rissie poeier, of na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
ongeveer 180 ml water

Verhit die olie in 'n braaipan. Braai die maalvleis in die olie tot net gaar. Voeg die uie en soetrissies by en braai vir 2 minute. Meng nou die tamatie puree, seldery, komyn, rissie poeier en water by. Laat vir 'n uur liggies prut (roer dit gereeld om). Geur na smaak met sout en peper.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp