Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb CHOC CHIP KOEKIES

By Leanda Retief
LowCarb CHOC CHIP KOEKIES picture

Meeste mense wat ek al teëgekom het, het 'n soettand. En vir LowCarbers is dit erger, want ons kan nie net aan enige soetdingetjie smul soos ons lus voel nie. Dit is om hierdie rede wat ek die Soetgoed-Reeks Resepteboeke geskryf het - om Lowcarb alternatiewe vir al daardie HighCarb soetgoedjies te verskaf. Klein Koekies was die eerste in die reeks. Hierdie Resep is 'n voorbeeld uit Klein Koekies.

150 g amandel meel
15 g klapper meel
2,5 ml koeksoda
2,5 ml sout
5 ml vanilla geursel
1 eier
60 g botter, kamer temperatuur
100 g xylitol/erythritol, of na smaak
60 g suikervrye sjokolade, fyn gekap

Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit liggies met kleefwerende sproei. Meng die amandel en klapper meel saam in ‘n mengbak, roer die koeksoda en sout daarby. Room die vanilla, eier, botter en versoeter saam met ‘n elektriese klitser tot glad en romerig. Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed. Roer die sjokolade hierby in. Skep 12 koekies op die bakplaat en druk dit effens platter met die agterkant van ‘n lepel. Bak die koekies teen 180°C vir 10-15 minute, afhangende van dikte. Die koekies is gaar wanneer dit effens goudbruin om die kante is. Laat die koekies vir 'n paar minute op die bakplaat afkoel, verwyder versigtig en plaas op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel. Bêre in ‘n lugdigte houer.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp