In die somer is dit baie belangrik om genoeg water te drink – veral die van ons wat LowCarb, aangesien LowCarb reeds met die elektroliet balans in die liggaam sukkel, en hitte en dehidrasie sukkel nog meer. Hierdie is ‘n uitstekende manier om elektroliete terug te sit in jou liggaam – en die positiewe ding is, dit bevat geen koolhidrate nie!
4,9 liter water
2,5 ml sout
2,5 ml koeksoda
100 ml suurlemoen sap
25 ml xylitol/erythritol
Gooi 100ml van die water uit 'n 5 liter kan water uit. Gooi die sout, koeksoda, suurlemoen sap en versoeter in die bottel en skud 'n paar keer goed tot alles opgelos en gemeng is. Hou in die yskas en bedien oor ys, met suurlemoen skyfies, indien verkies.