Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB FETTUCCINE

By Leanda Retief
LOWCARB FETTUCCINE picture

Hierdie is 'n resep wat ek uit 'n Wenresepte ge-tweak het om op 'n LowCarb Dieet te geniet. Dit was so deksels lekker met regte spaghetti, maar met Kamma Spaghetti is dit nog lekkerder! As jy 'n meer vullende ete verlang, kan jy altyd iets soos gaar spek, gerookte hoender of selfs beesvleis-repies daarby inmeng.

250 g Kamma Spaghetti, gaar en gedreineer
20 g botter
250 ml hoender aftreksel
125 ml room
250 ml suur room
30 g grasuie, gekap
20 g parmessaan, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 grade en smeer 'n oondvaste bak goed met botter. Hou die gaar murgpampoentjies/ spaghetti eenkant. Smelt die botter in 'n kastrol, voeg die aftreksel by en kook dit vinnig vir 5 minute. Haal dit van die stoof af en roer nou die murgpampoentjies, room, suur room, grasuie en parmesaan by. Meng goed (maar versigtig - die spaghetti breek gou!). Skep dit in die bak en bak vir ongeveer 40 minute tot dit begin verbruin. Strooi ekstra Parmesaan en grasuie oor indien verkies (nie ingereken nie!) en bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp