Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb GEMMER POEDING

By Leanda Retief
LowCarb GEMMER POEDING picture

Ek het 'n versoek vir 'n decarbed Gemmerpoeding gehad - ek hoop hierdie een geval, want dit is vrek lekker. Jy kan ook die gemmer vervang met fyn kaneel, indien verkies. En, jy kan ook die hoeveelhede van die gemmer/kaneel aanpas - hierdie een het nie 'n vreeslike sterk gemmersmakie nie, so gebruik gerus meer of minder (proe aan daai deeg!)

45 ml (3 e) amandel meel
15 ml (1 e) klapper meel
30 ml (2 e) botter
1 eier
30 ml (2 e) xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
5 ml (1 t) bakpoeier
2.5 ml (1/2 t) fyn gemmer

Plaas al die bestanddele in 'n kleinerige mengbakkie en meng goed met 'n draadklitser. Laat die mengsel vir 5 minute staan, roer vinnig om en skep uit in 'n gesmeerde/ gespuite koffiebeker of ramekin-bakkie. Mikrogolf op hoog vir ongeveer 60 sekondes, of tot gaar. (Die poeding lyk nog effe "rouerig" in die middel, maar dit raak gaarder as dit staan.) Laat staan vir 5 minute voor opdiening. Bedien met die Gemmer Sous en styfgeklitste room.

Gemmer Sous:
30 ml (2 e) room
5 ml (1 t) botter
15 ml (1 e) xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
2 ml gemmer, of na smaak

Plaas al die bestanddele in 'n koppie en mikrogolf tot die sous warm en die versoeter gesmelt is. Druk 'n paar gaatjies in die gaar poeding met 'n toetspen en gooi die warm sous oor die poeding.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 3.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp