Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb GRANOLA

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb GRANOLA picture

100 g rou amandels, gekap
100 g rou okkerneute, gekap
75 g klapper vlokkies/flakes
40 g sesame saad
20 g lynsaad
20 g chia saad
7,5 ml fyn kaneel
5 ml vanilla geursel
knippie sout
1 eier wit
60 ml klapper olie, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180°C en spuit/smeer ‘n bakplaat. Meng die amandels, okkerneute, klapper, sesame saad, lynsaad, chia saad en geurmiddels saam. Klits die eierwit en roer dit by. Voeg die klapper olie by. Sprei die mengsel op die bakplaat uit en bak vir 20-25 minute of tot goudbruin – roer halfpad deur. Laat afkoel en stoor in ‘n lugdigte houer.
Per 35g Porsie * Net Carbs 2.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp