Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb HOENDER-AGURKIE SLAAI

By Leanda Retief
LowCarb HOENDER-AGURKIE SLAAI picture

60 ml suur room
30 ml mayonnaise
50 g dill agurkies
200 g hoenderborsies, gaar en in blokkies gesny
30 g rooi soetrissie, gekap
30 g seldery, fyn gekap
20 g rooi uie, fyn gekap
knoffelsout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng die suur room en mayonnaise saam. Meng die agurkies, hoender, soetrissie, seldery en uie goed saam en meng die mayonnaise mengsel daarby in. Geur na smaak. Verkoel voor opdiening.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp