Hierdie resep is bloot toevallig is dit een van die eerste resepte wat ek ooit decarb het - die oorspronklike resep het ek in die Huisgenoot raakgelees. Dit is een van my gunsteling LowCarbresepte ooit (en daar is al derduisende deur my hande) - dit gaan 'n groot gunsteling in jou huis ook wees!
500 g hoender borsies, gaargemaak
250 g sampioene, in skyfies gesny
olie
200 g spinasie
3 eiers, geklits
250 g gladde roomkaas
100 g cheddar, gerasper
Smeer/spuit 'n oondvaste tertbord. Sny die gaar hoender in klein stukkies. Braai die sampioene in ’n klein bietjie olie tot net sag. Voeg die spinasie by en braai tot die spinasie verwelk het. Klits die eiers en roomkaas saam. Meng die hoender en groente liggies met die roomkaas-mengsel en skep in die voorbereide bak. Sprinkel die kaas oor. Bak in die oond teen 180°C of tot die gereg deurwarm en die kaas gesmelt is.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.1g