Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB KOMBUIS TUNA KOEKIES/BURGERS

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB KOMBUIS TUNA KOEKIES/BURGERS picture

Hierdie gewilde resep het in 2014 sy verskyning op Die LowCarb Kombuis se blad gemaak, en is later in Skokterapie opgeneem - wat bewys dat mens baie lekker kan eet met minimale koolhidrate! Nog meer impressive - in 2019 is hierdie resep al deur meer as 400 000 mense gesien - wat dit die gewildste resep ooit op Die LowCarb Kombuis maak. Die resep lewer 12 tuna koekies – maar jy kan die koekies ook dubbel die grootte maak vir tuna burgers (dws jy sal 6 burger patties uit die resep kry.)

2 x blikkies tuna (180g elk)
60 g gouda
115 g spinasie
50 g uie
15 ml olie
2,5 ml knoffel sout
5 ml droë gemengde kruie
1 eier

Dreineer die tuna deeglik en plaas in 'n mengbak. Rasper die kaas en gooi dit by die tuna. Kap die spinasie en uie baie fyn. Gooi die olyf olie in 'n pan en soteer die uie en spinasie in die olie tot sag. Voeg die sout en kruie by. Voeg die uie en spinasie by die tuna en voeg nou die eier by. Meng deeglik. Verhit die 30 ml olyf olie in 'n braaipan en verdeel die tunamengsel in 12 dele. Skep die mengsel in die olie en braai vir 10 minute tot goudbruin, draai om en braai vir nog 10 minute tot goudbruin aan die ander kant.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp