Vis smaak net soveel beter met krummels om. Maar dis nie onmoontlik nie op ‘n LowCarb Dieet nie. Probeer gerus hierdie resep volgende keer as jy lus voel vir 'n krummelrige stukkie vis.
500 g stokvis
1 eier
15 ml room
15 ml water
35 g parmessaan, gerasper
25 g amandel meel
2,5 ml paprika
sout en peper na smaak
vis speserye na smaak
olyf olie vir diepbraai
Sny die stokvis in groterige stukke en droog af met kombuispapier. Klits die eier, room en melk saam in 'n mengbakkie en laat eenkant. Meng die parmessaan, amandelmeel, paprika en speserye en sprei dit uit op 'n groot bord. Doop die vis in die eiermengsel, skud die oortollige af en rol dit dan in die parmessaanmengsel. Maak seker dat die vis goed bedek is. Plaas in die yskas vir 30 minute. Verhit die olie in 'n braaipan en braai die vis aan albei kante tot goudbruin en die vis gaar is en maklik vlok.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.2g