Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb LAGIESLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb LAGIESLAAI picture

Pragtige, kleurvolle slaai vir 'n spesiale geleentheid. Die ding van 'n Laagslaai is dat mens die slaai moet kan sien, maak dit dus in 'n mooi deurskynende glasbak vir die lae om mooi te wys.

200 g blaarslaai, klein repe gesny
100 g kersie tamaties, gehalveer
100 g rooi uie, fyn gekap
180 g gaar hoender, in klein blokkies gesny
6 eiers, gaar gekook en gehalveer
100 g avokado, in blokkies gesny
100 g spek, gaar gebraai en fyn gekap
100 g cheddar kaas, gerasper

Slaaisous:
125 ml suur room
15 ml xylitol, of versoeter na smaak
100 ml mayonnaise
Meng alles goed saam.

Pak die bestanddele vir die slaai in lae in 'n deurskynende glasbak. Begin met die blaarslaai, tamatie, uie, hoender, pak die eiers om die rand van die bak. Voeg die avokado by. Skep die slaaisous oor en sprinkel die kaas en spek bo-oor. Verkoel die slaai vir ten minste drie ure voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.4g
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp