Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb MOSSEL SOP

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb MOSSEL SOP picture

Beindruk jou gaste met hierdie LowCarb-weergawe van 'n groot gunsteling!

500 g mossels, skoongemaak
250 ml droë wit wyn
1 ui, gekap
10 ml vis speserye
50 g botter
4 knoffelhuisies, gekap
250 ml room
30 ml suurlemoen sap
sout en varsgemaalde swart peper
15 ml droë pietersielie

Plaas die mossels, wyn, ui en vis speserye in ’n kastrol, bedek en kook 5 minute of tot die mossels oopgaan. Gooi enige mossels weg wat nie oopgaan nie, behou die vloeistof. Smelt die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte, en soteer die knoffel en uie daarin tot sag. Voeg die mossels se vloeistof hierby, asook die mossels. Kook vir 5 minute, verwyder van die hitte en voeg die room en suurlemoensap by. Geur na smaak met sout en peper.
12 Porsies.* Per Porsie * Net Carbs 3.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp