Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb MOUSSAKA

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb MOUSSAKA picture

LowCarb MOUSSAKA
Ek kry gereeld navrae vir resepte wat eiervrug insluit. Hierdie Moussaka is vinnig, geurvol en die perfekte gereg om jou familie en vriende mee te beindruk.

olie
1 kg bees maalvleis
3 knoffelhuisies, fyngemaak
100 g uie, fyn gekap
15 ml droë origanum
15 ml xylitol/erythritol
10 ml fyn kaneel
400g-blik gekapte tamaties
500 ml bees aftreksel
3 groot eiervrugte (ongeveer 750 g in totaal)

Bolaag:
5 eiers
500 ml room
150 g cheddar, gerasper

Verhit die olie in 'n braaipan en braai die maalvleis daarin tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai die knoffel en uie in dieselfde pan tot gaar en sag. Voeg die origanum, versoeter, kaneel, tamaties en afgtreksel by en kook vinnig vir 5 minute. Gooie die maalvleis by en prut oor lae hitte vir 15 minute. Berei intussen die eiervrug: Sny die eiervrug in dun skywe en plaas in 'n mengbak. Gooi sout bo-oor en laat staan vir 10 minute. Dreineer, spoel af en druk met kombuispapier droog. Verhit olie in 'n ander braaipan en braai die skywe vir ongeveer 5 minute aan elke kant, tot goudbruin. Skep 'n derde van die maalvleis in 'n gesmeerde, oondvate bak. Pak 'n derde van die eiervrug bo-op. Herhaal die lae twee keer met die res van die bestanddele (eindig met 'n laag eiervrug).
Berei die Bolaag: Klits die eiers tot lig en romerig. Verhit die room oor lae hitte tot kookpunt. Skep 'n lepelvol van die warm room by die eiers in, klits vinnig, herhaal nog twee keer. Gooi nou die eiers by die rroom en klits met 'n draadklitster. Roerkook oor lae hitte vir 15 minute, tot die sous verdik, roer die kaas by tot dit smelt en geur na smaak. Gooi die sous oor die moussaka en bak teen 180°C vir 25-30 minute, tot die gereg deurwarm en die bolaag goudbruin is. Bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp