Hierdie ontbytstafies is 'n goeie idee vir ontbyt saam met 'n koppie koffie, of om in die kosblik te pak. (Daar is grondboontjiebotter in die resep - indien jy nie grondboontjiebotter gebruik nie, kan jy dit vervang met 'n ander soort neutebotter.)
230 g korrelrige grondboontjiebotter, onversoet
60 ml zylitol/erythritol, of versoeter na smaak
100 g lynsaad meel
110 g amandel meel
90 g suikervrye sjokolade, fyn gekap
2 eierwitte
75 g kasjoeneute, fyn gekap
75 g amandels, fyn gekap
15 g chia saadjies
Voorverhit die oond tot 180°C . Voer 'n 20x20cm glasbak met bakpapier uit - los genoeg papier aan die kante van die bak sodat jy die stafies maklik uit die bak kan lig. Meng al die bestanddele goed saam in 'n groot mengbak. Skep die mengsel in die bak uit en druk stewig vas. Bak vir 10-15 minute. Laat die stafies in die bak afkoel, en plaas dan in die yskas vir 1 uur. Lig dit versigtig uit en sny in 12 ewe groot stafies. Stoor in die yskas in 'n lugdigte houer.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.5g