Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb PAMPOENKOEKIES

By Leanda Retief
LowCarb PAMPOENKOEKIES picture

Daar is heelwat resepte vir LowCarb Pampoenkoekies - hierdie is een van die maklikstes wat ek nog teegekom het. Hierdie een bevat klappermeel - pampoen en klapper smaak nogal goed saam, en dit is goedkoper as amandelmeel. 

3 eiers
125 ml volroom melk of klapper melk
2,5 ml vanilla geursel
15 ml xylitol/erythritol, of na smaak
125 ml pampoen puree/fyngemaakte pampoen
45 ml klapper meel
2,5 ml fyn kaneel
2,5 ml bakpoeier
knippie sout

Klits die eiers, melk, vanilla, versoeter en pampoen saam in 'n mengbak. Meng die meel, kaneel, bakpoeier en sout saam in 'n ander mengbak. Vou die pampoenmengsel by die meelmengsel in - moenie oormeng nie. Verhit 'n swaarboompan oor medium hitte en verf die binnekant met gesmelte klapper olie. Gebruik 'n 1/4 koppiemaat (60ml) om koekies uit te skep in die warm pan. Braai vir ongeveer 5 minute aan die een kant, tot dit geset is en borrels aan die bokant vorm. Draai versigtig om en braai aan die ander kant. Bedien met LowCarb Kaneelsuiker (Sien Wenk), botter, styfgeklitste room, LowCarb Stroop en/of gekapte neute.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.8g

*** LowCarb KANEELSUIKER
Ons mag nie suiker gebruik nie, dus moet ons versoeter in plaas van die suiker gebruik. Ek vind dat xylitol/erythritol die beste plaasvervanger vir suiker in kaneelsuiker is - ek hou van my kaneelsuiker lekker sterk, dus meng ek 5ml fyn kaneel by so 60ml xylitol in. Jy kan dit aanpas volgens jou smaak.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp