Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB PANNEKOEK

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB PANNEKOEK picture

Net omdat die weer so perfek is vir pannekoek in die Kaap, het ek besluit om hierdie oldie weer te gaan uitkrap... Ek het hierdie resep jare gelede by 'n vriendin gekry en dis 'n groot gunsteling in haar huis, en net so in myne. Dit kan gebruik word vir enige iets van soet pannekoek, tot "lasagna velle" tot wraps. Dit vries baie goed (plaas 'n stuk kleefplastiek tussen die pannekoeke). Jy het 'n kleefvrye (teflon) pan nodig vir die maak van hierdie pannekoeke, want hulle is geneig om bietjie aan die pan vas te sit.

125 g roomkaas (ongegeur)
4 groot eiers
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
knippie sout
30 g botter
 

Plaas die roomkaas, eiers, xylitol en sout in 'n voedselverwerker of versapper en meng tot glad. Smelt 'n bietjie van die botter in 'n kleefvrye pan oor medium hitte. Skep so 'n kwart koppie van die beslag in die pan, en versprei dit oor die bodem van die pan met 'n eierspaan. Sodra die randte begin verbruin en omkrul, maak die pannekoek versigtig met die eierspaan los en en draai dit om. Bak aan die ander kant tot goudbruin. Herhaal met die res van die beslag.
7 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp