Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB "POTATO BAKE"

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB "POTATO BAKE" picture

Kort na LowCarb Maaltydplanne en Resepte Volume 1 verskyn het, kry ek 'n email van 'n dametjie wat vertel haar man is mal oor "potato bake" - hy wil dit elke naweek saam met braaivleis hê. En sy was maar bietjie skrikkerig om vir hom LowCarb "Potato Bake" te maak, maar op die ou end het hy gesê die LowCarb weergawe is beter as dié met aartappels! Nou as dit nie 'n kompiment is nie, weet ek nie wat is nie! Hier is die resep vir LowCarb "Potato Bake". Maak dit gerus - jou gaste gaan nie eers besef hulle LowCarb nie!

500 g blomkool
120 g roomkaas
125 ml suur room
1 knoffelhuisie, fyngemaak
250 g spek stukkies, fyn gekap
60 g parmessaan, gerasper
50 g ui, gekap
50 g soetrissie, gekap
250 g cheddar, gerasper

Stoom die blomkool tot dit gaar en sag is. Plaas in ‘n voedselverwerker en kap fyn. Meng 30g botter en die knoffel daarby in. Skep die blomkool uit in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die gaar spek, parmessaan, ui en soetrissie bo-oor. Meng die roomkaas en suur room goed saam en geur na smaak. Skep dit oor die blomkool. Sprinkel die cheddar bo-oor en bak teen 180°C tot die kaas gesmelt en goudbruin is, ongeveer 35 minute. Bedien warm.
6 Porsies* Per Porsie * Net Carbs 4.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp